top of page

Projek Dawid

Projek Dawid is 'n program vir Christelike lewensafrigting vir tienerseuns (11-18 jaar) en hul ouers, wat hulle toerus, inspireer en bemagtig om staande te bly en met outoriteit te leef as oorwinnaars in Christus. 

​

Hoe doen ons dit? Eerstens deur verskillende sosiale media platvorms, waarop vrywilligers hul getuienisse deel en kundige persone relevante onderwerpe aanspreek. Bekende sportsterre is reeds deel van Projek Dawid en deel gereeld inspirerende boodskappe. Tweedens deur skoolbesoeke, jeugweke, kampe en eredienste wat Wian Vos persoonlik fasiliteer.

​

R200 Projek!

Die groot meerderheid van ons land se tienerseuns leef glad nie in 'n verhouding met God nie. Die wat Hom wel dien het 'n baie groot behoefte na geestelike leiding. Hierdie seuns staan more in huwelikke met ons dogters en gaan vaders wees vir die volgende geslag kinders. Volgens die Bybel (Deut. 6:6,7) is dit jou en my verantwoordelikheid om die 'stokkie' van die Evangelie oor te gee aan hulle!

​

Ons bediening is reeds gehoorsaam aan hierdie opdrag en bied nou vir jou ook 'n geleentheid om deel te raak. Teen R200 per maand kan jy ons help om hulle toe te rus om 'n Dawid generasie te wees met Goddelike invloed in ons land!

​

Projek Dawid is God se plan hiervoor en het reeds afgeskop, maar ons het dringend finansies nodig om voort te gaan.

Kontakbesonderhede:

www.projectdavid.org.za

      admin@projectdavid.org.za

  Wian: 083 304 2833

​

Sluit aan by whatsapp broadcast groep. Stoor die nommer (0664561032) en stuur die volgende inligting; Naam,

Van, Ouderdom, Stad/dorp en skool.

bottom of page