top of page

Ouma Darling se

Hartskombuis

33366474_1852043278203357_69248092677907

​

Vyf weke later en ek kan steeds nog nie glo dat n jare lange droom van ons n werklikheid geword het nie. Alles net genade. Genade wat ons ontvang het uit die Vader se hand en wat ons net weer moet aangee. Dit laat my dink aan n lappies kombers. Die Here het mensies bymekaar gevoeg wat gedink het hulle is onbruikbare stukkies lappies wat nie n verskil kan maak nie.
Eens was ons los lappies gewees. Maar nou is ons lappies besig om die mooiste kombersie te word en wat jou heerlik warm sal hou. Die lappies stel nie voorwaardes nie. Party lappies is nie volmaak nie sy vorm pas nie maar moet daar wees om die laswerk te vergemaklik. 


Hierdie lappies is vol genade en stel nie voorwaardes nie het nie verwagtings nie. Wil net sê ons gee om. Ons wil n verskil maak.
Die Vader wil hê ons moet al die los lappies aan mekaar werk tot n volmaakte omgee kombersie, wat jou sal warm hou met Sy liefde wanneer jy voel jy dien geen doel meer nie.


Uit dankbaarheid wil ons ook ander toemaak met die sagtheid van ons omgee kombersie.
Mag God se wonderlike seën en genade loop soos n goue draad deur ons kombersie.

​

Ouma Darling

24 April 2018

bottom of page